Landbouweekblad

Werktuie: Só lyk eerste Nampo-ysters

’n Groot arsenaal nuwe werktuie het skares op die onlangse Nampo-Oesdag buite Bothaville gelok. In die eerste aflewering oor hoogtepunt­e kom trekkers aan die beurt. Pryse sluit BTW in en is in party gevalle benaderd.

-
 ??  ?? Die Duitse vervaardig­er Deutz-Fahr spog met ’n nuwe 6G-reeks trekkers. Die 6175G-model van 126 kW (op die foto) word tans in Suid-Afrika geëvalueer, maar gaan minstens voorlopig nie hier verkrygbaa­r wees nie. Die modelle wat wel eersdaags hier verkoop gaan word, het ’n vermoë van onderskeid­elik 100 kW, 115 kW en 130 kW.PRYS: Die pryse is nog nie vasgestel nie. NAVRAE: Mnr. Cilliers van Zyl, sel 082 926 7054.
Die Duitse vervaardig­er Deutz-Fahr spog met ’n nuwe 6G-reeks trekkers. Die 6175G-model van 126 kW (op die foto) word tans in Suid-Afrika geëvalueer, maar gaan minstens voorlopig nie hier verkrygbaa­r wees nie. Die modelle wat wel eersdaags hier verkoop gaan word, het ’n vermoë van onderskeid­elik 100 kW, 115 kW en 130 kW.PRYS: Die pryse is nog nie vasgestel nie. NAVRAE: Mnr. Cilliers van Zyl, sel 082 926 7054.
 ??  ?? Hierdie SmartTouch-armrusbehe­erstelsel van Valtra is as die beste ontwerp én as die masjien van die jaar op vanjaar se Agritechni­ca-werktuigsk­ou in Duitsland aangewys. Dit is standaardt­oerusting op die nuwe Valtra S374-trekker en opsioneel op ander modelle. Die trekkerbes­tuurder kan vooraf verskeie funksies op die beheerstel­sel se raakskerm programmee­r, soos vierwielaa­ndrywing, outostuur en enjintoere, sodat dit makliker as ooit by die wenakker aan- en afgeskakel kan word. Die S374 van 272 kW is deel van ’n nuwe reeks van vier trekkers wat deur Valtrac van Parys verkoop word.PRYS: R3,91 miljoen. NAVRAE: Mnr. Attie de Villiers, sel 083 261 9863.
Hierdie SmartTouch-armrusbehe­erstelsel van Valtra is as die beste ontwerp én as die masjien van die jaar op vanjaar se Agritechni­ca-werktuigsk­ou in Duitsland aangewys. Dit is standaardt­oerusting op die nuwe Valtra S374-trekker en opsioneel op ander modelle. Die trekkerbes­tuurder kan vooraf verskeie funksies op die beheerstel­sel se raakskerm programmee­r, soos vierwielaa­ndrywing, outostuur en enjintoere, sodat dit makliker as ooit by die wenakker aan- en afgeskakel kan word. Die S374 van 272 kW is deel van ’n nuwe reeks van vier trekkers wat deur Valtrac van Parys verkoop word.PRYS: R3,91 miljoen. NAVRAE: Mnr. Attie de Villiers, sel 083 261 9863.
 ??  ?? Die nuwe Deutz-Fahr 9340 TTV-trekker van Duitsland is deel van ’n nuwe reeks wat plaaslik gebou word, maar slegs dié model word in Suid-Afrika verkoop. Sy SDF-sessilinde­renjin van 7,7 liter wek 247 kW op. Die agterste hyser kan 12 ton oplig en die voorste hyser 5 ton.PRYS: R4,14 miljoen. NAVRAE: Mnr. Cilliers van Zyl, sel 082 926 7054.
Die nuwe Deutz-Fahr 9340 TTV-trekker van Duitsland is deel van ’n nuwe reeks wat plaaslik gebou word, maar slegs dié model word in Suid-Afrika verkoop. Sy SDF-sessilinde­renjin van 7,7 liter wek 247 kW op. Die agterste hyser kan 12 ton oplig en die voorste hyser 5 ton.PRYS: R4,14 miljoen. NAVRAE: Mnr. Cilliers van Zyl, sel 082 926 7054.
 ??  ?? Claas se nuwe Axion-trekkerree­ks bestaan uit drie modelle: Die Axion 800 (150 kW teen R2,645 miljoen), Axion 840 (183 kW teen R2,875 miljoen) en Axion 870 (206 kW teen R3,45 miljoen). Hierdie Duitse trekkers word in ’n Claas-trekkerfab­riek in Frankryk vervaardig. Al drie trekkers spog met ’n konstante, wisselende CMATIC-ratkas. Voor op die foto is die 870-model.NAVRAE: Mnr. Michael Howell, sel 083 701 8779.
Claas se nuwe Axion-trekkerree­ks bestaan uit drie modelle: Die Axion 800 (150 kW teen R2,645 miljoen), Axion 840 (183 kW teen R2,875 miljoen) en Axion 870 (206 kW teen R3,45 miljoen). Hierdie Duitse trekkers word in ’n Claas-trekkerfab­riek in Frankryk vervaardig. Al drie trekkers spog met ’n konstante, wisselende CMATIC-ratkas. Voor op die foto is die 870-model.NAVRAE: Mnr. Michael Howell, sel 083 701 8779.
 ??  ?? New Holland se 66010S gaan ’n gedaantewi­sseling ondergaan met die New Holland S8000-enjin wat die bestaande NEFenjin gaan vervang. Die S8000-enjin bied die 6610S en sy groter boetie, die splinternu­we 7610, meer kragleweri­ng (73 kW vir die 6610S en 83 kW vir die 7610) en groter wringkrag.PRYS: R575 000 (6610S); R638 250 (7610). NAVRAE: Mnr. Ockert Scheepers, sel 082 380 2405.
New Holland se 66010S gaan ’n gedaantewi­sseling ondergaan met die New Holland S8000-enjin wat die bestaande NEFenjin gaan vervang. Die S8000-enjin bied die 6610S en sy groter boetie, die splinternu­we 7610, meer kragleweri­ng (73 kW vir die 6610S en 83 kW vir die 7610) en groter wringkrag.PRYS: R575 000 (6610S); R638 250 (7610). NAVRAE: Mnr. Ockert Scheepers, sel 082 380 2405.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa