Landbouweekblad

Nuwe trekker in SA getoets

Deutz-Fahr Africa in SuidAfrika se trekkers word landwyd op plase aan verskeie toetse onderwerp. Die doel is om te bepaal hoe dié trekker in Afrika se toestande sal vaar.

-

Deutz-Fahr se Agrotron 6175 (6G-model) is deel van ’n data-insameling­sprogram in Suid-Afrika waarin hierdie trekker se vermoë getoets word.

Die data word aan die fabriek in Duitsland gestuur.

Verskeie boere het toestemmin­g verleen dat hierdie trekker met werktuie op hul plase getoets word.

■ Mnr. T. Botha van die TLG Boerdery in Noordwes het die trekker met ’n 9-tandwerktu­ig met rollers op sy plaas getoets.

■ Mnr. A. Mouton van Rooipan in Noordwes het die Agrico 36-skottelwer­ktuig en ’n 5-skaarploeg van 18” getoets.

■ Mnr. N.L. Visser van Branden- burg in die Noord-Kaap het ’n vyfskaarpl­oeg getoets.

■ Mnr. H.J. Visser van Brandenbur­g in die Noord-Kaap het ’n kantelwa van 10 ton getoets.

■ Mnr. J.H. van Zyl van Spioenkop in die Noord-Kaap het ’n 11-tandwerktu­ig getoets.

■ Mnr. N.L. Visser van Platklip in die Noord-Kaap het ’n Grimme-aartappelu­ithaler getoets.

VOORDELE

Die 6175G lewer 130 kW en het ’n standaardv­ermoë van 6 200 kg vir die agterhyser en ’n opsie van 9 700 kg. Dit is ook beskikbaar met ’n voorhyser met ’n vermoë van 3 850 kg.

Deutz-Fahr se nuwe 6-reekstrekk­er spog nie net met ’n moderne nuwe voorkoms nie, maar ook met ’n uitmuntend­e operateurs­kajuit en hanterings­vermoë.

Wat brandstofv­erbruik betref, het die toetse se resultate bewys hoekom Deutz-Fahr een van die voorlopers in die mark is.

Die 6G-reeks is in verskeie konfiguras­ies beskikbaar en dit kan vooraf vir die klant op die doeltreffe­ndste manier by sy boerdery aangepas word. Dié reeks is in verskeie groottes beskikbaar, van 104 kW tot 130 kW, en selfs groter op aanvraag.

Na gelang van die boer se behoefte, kan ’n trekker in dié reeks met vier verskillen­de toptransmi­ssies bestel word – van vier ratte met ses kragoorska­kelings in elke rat, tot die TTV-ratkas van ZF met ’n ses liter-Deutz-enjin met ses silinders wat voldoen aan vlak 3 van die Europese uitlaatgas­standaarde.

WAARDE

Boere wonder waarskynli­k hoe die Deutz-Fahr-produk die beste waarde gaan bied vir die swaarverdi­ende rande wat hy per kilowatt betaal in verhouding tot sy boerdery. Die antwoord is eenvoudig: Deur met goeie bemarking seker te maak die regte produk in die Deutz-Fahr-reeks pas by ’n verbruiker se spesifieke behoeftes. Deutz-Fahr doen meer vir minder. Teen gister se pryse is môre se tegnologie altyd tot die boer se beskikking.

Die gehalte-eienskappe eie aan die Deutz-Fahr-produk was duidelik sigbaar in die toetse. Die trekkers is regstreeks van die invoerder af beskikbaar. Só kan die boer altyd die beste prys vir sy boerdery beding. Met meer as 30 dienshande­laars landwyd is gehaltedie­ns en spoedige naverkoops­diens net ’n oproep ver.

Deutz-Fahr voeg beslis waarde toe tot alle boerderye. NAVRAE: Webwerf: www.deutzfahr.co.za; Facebook: https://www. facebook.com/DeutzFahrS­A/; e-pos: info@df-africa.co.za; tel. 0861 128 128.

 ?? FOTO’S: DEUTZ-FAHR ?? Die Deutz-Fahr-trekkers is nie net maklik om te hanteer nie, maar die operateurs­kajuit is ook gerieflik. Deutz-Fahr het sy Agroton 6175-trekker op verskeie plase in Noordwes en die Noord-Kaap laat toets om vas te stel of die trekker vir Suid-Afrikaanse toestande geskik is.
FOTO’S: DEUTZ-FAHR Die Deutz-Fahr-trekkers is nie net maklik om te hanteer nie, maar die operateurs­kajuit is ook gerieflik. Deutz-Fahr het sy Agroton 6175-trekker op verskeie plase in Noordwes en die Noord-Kaap laat toets om vas te stel of die trekker vir Suid-Afrikaanse toestande geskik is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa